Tuesday 21 August 2012

Changing Gears - Verwissel van Rat

Verwissel van rat – maak n verandering! (Changing Gears)
Om elke dag in die selfde roetiene te wees maak die Lewe tog so vervelig. Dis amper asof ons vashaak!  Om IETS n bietjie anders te doen is eintlik nie baie moeilik nie.  Ons is meeste van die tyd  net gewoonte gebonde.  n Klein daaglikse taak soos tande borsel met jou ander hand – is al n klein manier om jou gewoonte gebonde brein te oorreed om verandering in jou daaglikse lewe toe te laat en te aanvaar. Dit verg nog steeds n gewilligheid om  te verander en nie te wag dat todat ANDER mense verander nie.  As ons ongelukkig voel, is dit nodig om bereid te wees om veranderings  te implimenteer, al is dit ook ooenskynlik onbelangrik of minimaal.
Jy sal nie weet dat jy iets kan verander in jou lewe as jy dit nie prober nie!  Dit kan beteken dat dit noodsaaklik is om uit ons gemaksone te tree en die risiko te nee mom iets heeltemal anders te probeer. Dit is altyd ons keuse om weer terug te gaan na die ou gewoontes – maar wie weet – miskien hou ons van die verandering in plaas van die groef waar ons was? 
Snaaks dat ons liewer in DIE gewoontes bly wat ons ken, al maak dit ons ongemaklik en ongelukkig.  Ons praat baie en kla baie, maar volgende jaar kyk ons terug en is nog steeds in die selfde situasie. Ons omstandighede wat ons ongelukking maak egin om te klink soos n plaat wat vas gehaak het.  Ja nou gee ek my ouderdom weg – miskien is dit deesdae soos jou selfoon of rekenaar wat vries? Dan sit ons magteloos daar met die stand van sake en sink ons net dieper in ons ellende terwyl ons wag dat ander mense verander? 
Die moontlikheid bestaan dat eindlik iets baie opwindend en nuut op ons wag as ons dit net waag om die stap te neem. Angs is n baie sterk emosie en die redenasie van negatiewe gevolge kan ons baie keer oorreed om liewer by die ou gewoontes en lewenswyse te bly, al is ons diep ongelukkig.
Veranderings kan aan die begin n bietjie ongemaklik en vreemd voel.  As ons onself toelaat om die opwindende gevoel van verandering te geniet sal die Angs begin verminders.  Binne n kort tyd sal ons nie eers glo dat ons so lank gewag het om DIE stap te neem nie.  Niemand anders kan dit vir jou doen nie. Jy moet die besluit self neem en dan RATTE VERANDER.  Jy kan n rat op gaan en jou pas n bitjie versnel of n rat af gaan en sodoende spoed verminder om meer gemaklik te ‘cruise’.
Sodra die ‘nuwe’ gevoel van lewenslus begin om in jou binneste te ontdooi – kan ons begin ontspan en die self- vertroue en self versekerheid te laat blom.  Later kan ons terug kyk en die vordering in ons lewe met trots en nuwe lewensmoed verwelkom. 
Soos Walt Disney gese het:  “As jy dit kan droom, dan kan jy dit doen”
Maak n klein verandering in jou lewe vandag en kyk wat gebeur!
Karin Engman        Life Coach  & Motivational speaker    074 1896951 (Ermelo)
Comments:  thehummingbird@vodamail.co.za

No comments:

Post a Comment