Thursday 2 May 2013

Lewens Uitdagings 30 April 2013

Lewens-uitdagings   Published  30 April 2013

Vandag weet ek dat all die swaarkry en ongelukkigheid in my verlede ‘n doel gehad het.  Deur my eie belewenisse het ek gegroei en belangrike lesse geleer. 
   As ons binne in die ‘seer’ is, kan dit moeilik wees om die ‘lig’ te sien.  Eers later as ons terugkyk gaan die liggie aan en verstaan ons die les.  God maak nie foute nie – deur ons lewenskeuses moet ons partykeer meer as eenkeer seer kry en swoeg, totdat ons uiteindelik leer en groei.  Hoe meer uitdagings ons belewe, hoe sterker word ons.  Dit is hoe ons leer wie ons werklik is.  Ons kan nie ander mense as ons maatstaf gebruik nie – net ons eie. 
   Deurdat ons foute maak leer ons wat om nie te herhaal nie en wat nie goed is vir ons as individu nie.  As ons ‘n positiewe reaksie op die uitdagings het – kry ons meer moed om ander uitdagings dapper tegemoet te gaan.  So kan ons met trots ons eie maatstawwe implementeer en sterk en regop met skouers terug, kop omhoog, elke dag verwelkom.  Dit gee ons self beeld aanmoediging en trots om eg te wees teenoor jou eie beginsels.  Dan begin die ‘jigsaw puzzle’ van wie ons werklik is, mooi pas.
Karin Engman   
072 7246985   
thehummingbird@vodamail.co.za
www.karin‑engman.blogspot.com

No comments:

Post a Comment