Tuesday 5 February 2013

Goedhartigheid - Die verjongingsfontein

Goedhartigheid – Die verjongingsfontein
Ons weet almal dat vriendelikheid en goedhartigheid goed is vir die ontanger.  Nou weet ons ook, deur navorsing, dat dit ook die gewer van goeie dade en goedhartigheid gelukkiger en gesonder maak, asook die simptome van swaarmoedigheid verlig.  Dit laat ons langer en gesonder lewe!
„Why Kindness is good for you“ deur Dr David R Hamilton bevat baie navorsing oor die tema.  As ons goedhartig optree word die ‘vagus nerve’ gestimuleer en oxytocin (bekend as die liefdeshormoon) word geproduseer.  Hierdie hormoon verminder angs dat ons uitgebuit word of mislei word en moedig ons aan tot meer vertroue in ons medemens.  Oxtytocin beskerm die kardio, ons slagare van verharding, bring bloeddruk af, open bloedvate, bevorder wondgenesing en nog baie meer. 
Vriendelikheid en goehartigheid is van uiterste belang vir ons as babas.  Nadat n kind gebore is word n deel van die brein nog gevorm.  Die deel (orbitofrontal cortex) vorm eers na geboorte en word beinvloed deur die sorg, liefde, vreugde, speel, sagheid en aandag van die hoofversorger.  Dit beinvloed die individu sodat hy/sy emosioneel goed aanpas in die samelewing en daartoe instaat is om verantwoordelike en volwasse keuses te maak.  Dankbaarheid, vergifnis, empatie en simpatie is ook goed vir ons en ook n deel van goedhartigheid!  Dit versterk ons immuunstelsel, verlig depressie en bevorder beter slaap.
Baie keer is empatie die begin punt van goedhartigheid.  Dit motiveer ons om te wil help.  Medelye versterk ook ons immuunstelsel.  Dit beskerm ons teen ‘stress’ en laat ons langer lewe.  Wetenskaplikes glo nou dat oud-word eintlik soos n siekte is.  Die liggaam is in staat om baie langer te lewe as wat ons gemiddeld leef.  Hulle glo dat inflammasie die grootste rede is hoekom ons oud word.  Stimulering van die ‚vagus nerve‘ het n anti-inflammatoriese werking in ons bloed stroom.  Deur dade van goedhartigheid, deur jou hart oop te maak en simpatie en empatie te voel vir ander, kielie jy hierdie senuwee en stimuleer jy die lewens-anti-inflammitasiewerking.  Dit is goed vir jou om vriendelik en goedhartig te wees!  „One act of kindness a day will keep the medical bills at bay“.
Hier volg sewe wenke van goeie dade, probeer dit: 
Skryf n dankie-kaartjie aan iemand en pos dit (nie sms of epos nie_
Bied aan om n oumens se inkopies te dra of in the kar te pak
Laat iemand voor jou in die tou in om te betaal
Gee iemand n kompliment
Bel iemand op sy verjaardag en SING vir die persoon
Koop n klein geskenkie vir iemand en verras hulle   Maak vrede met iemand
                           
www.karin-engman.blogspot.com

No comments:

Post a Comment