Tuesday 16 October 2012

Dankbetuiging

Moet nie Vergeet om Dankie te se nie     16 October 2012
In plaas daarvan om te fokus op ons tekortkominge – is dit n heeltemal nuwe en vars belewenis om vir n verandering met dankbaarheid erkenning te gee vir wat ek het.
Dit is van toepassing op elkeen – maak nie saak hoeveel of hoe min ons het nie. Dit is n kwessie van DANKIE se vir wat ek het…..  
Ons vergeet maklik om DANKIE te se:  Die volgende is n vertaling van n inspirerende stuck wat ek eendag raakgelees het : 
 WAT IN DIE HEMEL GEBEUR:   Ek het gedroom dat ek in die Hemel was en n engel my rond gewys het.  Ons het by n groot werkkamer,  gevul met Engele gekom….  My engel gids het verduidelik dat dit die ‘ontvangs’ is.  Hier word al die gebede en petisies ontvang.  Ek het opgemerk dat dit druk besig was met engele wat vervaard rongeskarrel het.  Verder in die gang af kom ons by die tweede stasie.  Die engel se toe vir my: “Hierdie is die pak en aflewering gedeelte”. Hier word al die genadegawes en seeninge uit gestuur. Weer was ek bewus van hoe druk besig dit hier was.  Uiteindelik kom ons by die eindpunt aan, n baie klein werk area. Tot my verbasing, sien ek net een engel hier werk, met baie min om te doen.  “Hierdie is die ‘acknowledgment’ stasie “ se die engel.  Die engel is eintlik verlee toe hy se: “as mense eers hulle seeninge gekry het, kom daar baie min erkenning terug.”   “Hoe doen mens dit – die erkenning?” vra ek.  “Baie eenvoudig” antwoord die engel, “as jy kos in jou yskas het, klere aan jou lyf, n dak oor jou kop, en n plek om te slaap, dan het jy meer as wat 75% mense op aarde het. As jy geld in die bank of in jou beursiehet,  dan is jy deel van die 8% wat gereken word as  die wereld se rykes.  “As jy n rekenaar besit – is jy deel van die 1% wat gereken word as mense met geleenthede”. '  “As jy vanoggend wakker geword het met meer gesondheid as siekte het….dan is jy meer geseend as baie wat hierdie dag nie sal oorleef nie.” “As jy nog nooit die angs van oorlog of die eensaamheid van n gevangenis of die bekommernisse of martelteling of hongersnood beleef het nie…. Is jy meer geseend as 700 miljoen mense of aarde”.  “'As jy mag aanbid sonder om te vrees vir jou lewe, word jy deur meer as drie biljoen mense beny”.
Net vir vandag – fokus op wat jy het in plaas van wat jy NIE het nie en neem n bietjie tyd van jou besige dag om jou Dankbetuiging te gee aan God, aan jou ouers, aan jou kinders, aan jou medemens.

Karin Engman  072 1896951   Life Coach and Motivational speaker    Ermelo
thehummingbird@vodamail.co.za    www.karin-engman.blogspot.com

No comments:

Post a Comment