Monday 17 September 2012

Slow Puncture - Pap Wiel

Slow Puncture – Pap Wiel – published 18 September 2012
As ek ons fisiese liggaam vir hierdie doeleinde mag vergelyk met n vier wiel voertuig.  Ons benodig die regte tiepe brandstof, aandag wanneer dit tyd is vir n diens, en so voorts.  Ook is dit belangrik om die lugdruk in die bande te kontroleer en te balanseer. Dit kan lewens gevaarlik wees om met n onpadwaardige kar te bestuur.
Ons gesondheid is nie n eenvoudige saak nie. Dit is nie genoeg om jou multivitamiene elke dag te sluk, probeer om fiks te bly, en groente en vrugte te eet nie.  Dit is ook nodig dat ons bewus is van al vier die gesondheids ‘wiele’.  Geestelike, fisiese, emosionele en verstandelike.
Ons Geestelike Gesondheid is ons fondament  – as ons nie n lewendige en gesonde verhouding met God het nie is dit onmoontlik om n gesonde verhouding met onsself of met enige ander mense te verwag.  Om te weet/glo dat God ons onvoorwaardelik liefhet is uiters noodsaaklik. Dit is die eerste vraag: “is ek goed genoeg”? “Kan God my regtig liefhe net soos ek is?” Die antwoord hierop is n onomwonde JA! Deur my geestelike verhouding met God kan ek groei as mens en blom Sy Liefde. Die vraag is – het jy die gewisheid (German Gewissenheit) dat God saam met jou bestuur – Sy hande op jou hande – as you navigate your life?
Ons gesondheid is grootendeels ons eie verantwoordelikheid. Die keuse om gesond te lewe en my ligaam met respek en liefde te behandel – kan net ek self maak.
Ons algehele lewens balans hang af van al vier wiele  en dat elkeen die regte ‘druk’ het -
Hoe gebalanseert ons emotionele wiel is en met watter vaardigheid ons probleme en lewens ervaringe hanteer, het n direkte invloed op ons ander wiele.  
Meestal weet ons presies waar ons besig is om n pap wiel te ontwikkel.  Ons probeer om dit te ignorer en aan te gaan met die lewe.  Totdat ons op n stadium langs die lewenspad gaan staan en nie verder kan ry nie. Ons weet hoe dit voel om te bestuur met n ongebalanseerde wiel – dit verg ons aandag. Ons weet ons moet iets daaromtrent doen.  Ongelukkig kies baie mense om n meer ‘geleerde’ opinie te vra en is BAIE verlig as hulle n voorskrif kry en n pilletjie kan sluk wat die fisiese of emosionele ‘pyn’ vir n rukkie laat verdwyn of vervaag.  Ek hoor van te veel mense wat ‘happy’ pille sluk – en abrakadabra – alles lyk beter en wie sou kon dink dat dit SO maklik sou wees.
Die ‘seer’ sal miskien vir n wyle gekontroleer wees, maar sal altyd weer kop uit steek op een of ander manier.  Dit is noodsaaklik om aandag te skenk aan n ‘slow puncture’ voordat jou band bars en jy beheer oor jou voertuig verloor. 
Dit verg moed om self verantwoordelikheid vir jou gesondheid te aanvaar.  Eers word ons bewus van die fluistering, wat ons laat weet dat daar fout is.  Dan kom die ‘tap on the shoulder’ en daarna die struikel oor die haak plek in jou pad, dan die val waar jy seer kry en uiteindelik stort alles in een.  Luister en wees bewus, mens kan dit nie vir altyd onder die mat in vee nie.
Ons kry almal seer – n wyse mens het my lank gelede oortuig dat seer kry nie noodwendig n slegte ding is nie.  Dit is wat ons laat groei en wat ons forseer om te verstaan en te word wie ons is.  Daar is n doel met watter soort mens ons uiteindelik word.  As ek terug kyk na my lewe kan ek begin dankbaar wees vir al die seer en al die ‘foute’ wat ek beleef en gemaak het.  Sodoende is die Lewe my Universiteit om uit ondervinding met empatie te kan verstaan en luister na n ander mens se seer. 
Skryf jou SEER in die sand waar die wind van vergifnis dit kan uitwis. Engrave in Stone that which you treasure, so no wind can ever erase it.
Karin Engman,
 Life Coach and Motivational Speaker
 Ermelo, 072 189 6951, 
comments: thehummingbird@vodamail.co.za

  

No comments:

Post a Comment