Tuesday 17 July 2012

Prioriteite


Lewens  Prioriteite           Published    Highveld Tribune                       17July  2012                                                                                                                          

In my onlangse verlies van my geliefde Broer, het ek  geleer dat ons nie iets belangriks  kan afstel vir n later, meer passende tyd nie.  Om the wag todat alles beter pas en minder ‘upheaval’ sal veroorsaak is ongelukkig baie keer te laat of word later n LEWENS BEROU.

n Tiepise Berou:  “Ek wens in plaas van materialistiese en egotistical  doelwitte te jaag,  het ek liewer meer tyd met my kinders en my familie  en vriende  spandeer”.  Is dit nie eienaardig dat ons dink die wat ons die meeste liefhet, ons die minste hoef te wys of the se dat ons hulle lief het?  Ons verwag dat hulle dit weet. Niemand kan jou gedagtes lees nie, maak nie saak hoe goed hulle jou ken nie.  Ons is almal behoeftig om die WOORDE te hoor en die bewys van LIEFDE te sien in DADE.  

Soos die gesegte se:  VAN UITSTEL KOM AFSTEL

“as my kinder eers volwasse is dan …….”

“as ek eers in a beter finansiele plek is dan …..”

“ as ek eers 20kg ligter is dan …..”

“in die Somer  sal ek weer begin oefen en  gesonder eet  ….”

“as ons eers verhuis het dan ….”

“as my ouers/skoonouers nie meer lewe nie dan …..”

Wees bewus van die boodskap wat jy uitstuur met jou PRIORITEIT keuses.  Die lewe is gejaagd en vol stress – kommunikeer jou keuses met jou geliefdes.  Wees seker hulle verstaan dat dit noodsaaklik is om lang ure te werk ens.  Onthou, kinders kyk jou diep in jou oe en weet of jy die waarheid praat! Kinders lees van baie kleins af die uitdrukking op jou gesig – is jy BLY om hulle te sien of NIE?

My eie(jongtyd) lewens storie is n hartseer verhaal van herhaaldilike gebeurtenisse wat my oortuig het dat ek vir seker nie n PRIORITEIT was nie.  En so het ek my verwagtings uitgeleef met baie onnodige ongelukkige jare.  Wat ons as kinders glo, is nie noodwendig die waarheid nie – maar sonder die ‘toolbox’ van lewens ervaring, kan dit n halwe lewenstyd vat voordat ons dit uiteindelik verstaan en glo.

Hulle se dat ons grootste Lewens Lesse Skatte Kas in ons Familie le.  Jy kies jou vriende maar word deur God jou Familie toe ge-eien . Juis die persone wat ons die meeste irriteer of kwaad maak of teleurstel, is juis die wat ons die mees belangrikste lesse leer.  Ons kan steeds kies om ons af te sny van Familie, en so dan die bree pad kies in plaas van die noue pad waar ons GROEI  en later ontluik in die kosbare Blom wat ons bedoel is om te wees. In plaas van om die familie lid te haat en te vermy – word ons aangemoedig om hulle stillens te bedank…..( Daar word gese dat mens nie iemand moet oordeel weens hulle familie nie… J) As jy suksesful wees in die lewe moet jy blom waar ookal jy geplant word!  
Die bootskap wat ons aan juis die mense wat vir ons belangrik is en vir wie ons die liefste is, word in ons PRIOTITEITE keuses die seerste gemaak.  Dit is meestal nie so bedoel nie,maar die boodskap wat ons deur ons keuses uitstuur, maak DIEP seer.

n Kind wat ouers se aandag SO nodig het en dit nie kry nie – maak self die afleiding van minder belangrik en “not worthy of time = not worthy of love” Die Boodskap van Prioriteite word in klein gedeeltes uit gestuur – en met herhaling, elke keer beklemtoon.

“When counting your blessings, count your loved ones twice”.
Trauma/anxiety Councelling          Karin Engman      Bioscience Centre Ermelo
017 8111136     thehummingbird@v odamail.co.za    www.karin-engman.blogspot.com

No comments:

Post a Comment