Wednesday 10 July 2013

Waardes 9 Julie 2013

Waardes    9 Julie 2013
Elke mens het waardes.  Hoe ons hulle orden en prioriseer is ‘n saak van persoonlike oortuiging.      Party mense neem soos ekstremiste, ‘n baie sterk standpunt oor spesifieke waardes.  Geestelike oortuigings of kinderopvoeding was al die oorsaak van baie familie breuke.
   Dit is uiters belangrik om te besef dat ‘n ander persoon nie noodwendig met jou waarde sisteem  of met die prioriteite daarvan ooreenstem nie.  Die ‘Universal law’ van ‘n basiese reg en verkeerde beginsel is nie hier ter sprake nie.  Waardes is die dieper persoonlike interpretasie daarvan.  As ons in ‘n swart of wit wêreld lewe, word beginsels ‘n oorsaak van baie wrywings.      Oortuigings, veral in familie situasies, blyk tot grotendeels ‘n rede vir ‘n ernstige twis.  As ons mekaar kritiseer en veroordeel oor basiese waardes, is ons in die moeilikheid.  ‘Agree to disagree, but do not judge’.  Slegs God sal oordeel. 
   Elkeen moet verantwoordelikheid neem vir hulle lewe en hulle lewenskeuses, en bereid wees om voor God te staan.  As familie-lede moet ons weet dat ons lief is vir mekaar, ongeag ons verskille in oortuigings.  Ons soek ons vriende uit, maar familie is ons geskenk deur God.     Familie is juis die grootste geleentheid om moeilike lewens lesse te leer.  Die eerste les is onvoorwaardelike liefde vir myself (soos God my lief het) en tweedens onvoorwaardelike liefde vir my naasbestaandes (veral ons familie).  Hier gee God ons die geleentheid om te leer dat ons wel goed genoeg en waardig is.
Karin Engman  
Life Coach and Motivational speaker  
082 7246985


No comments:

Post a Comment