Die Skoenlapper transformasie
As kind het ek altyd gewens ek was buitengewoon. Ek het gedroom van groot avonture. Dit was die tyd voor TV.
Vandag sien en hoor ek wat die invloed van te veel TV op ons jong dogter het. My drome was van lande vêr weg en baie interessante mense wat ek sou ontmoet. As ek vandag terug kyk, het baie van daardie drome waar geword. Ek het al baie gereis en baie ervaar, maar dit was nie op soek na avontuur nie, dit was op soek na myself. Wat ek vandag vir seker weet is dat al jou seer en al die ongelukkigheid saam gaan waar jy jou ook al bevind. In verre vreemde lande is jou hart nog steeds die selfde. Dit is met dankbaarheid dat ek vandag weet dat my geluk in my eie hart begin. Nou dat ek myself regtig leer ken het, myself leer lief hê het net soos ek is, en daardeur my ware roeping gevind het. Uiteindelik begin my lewe regtig saak maak en kan ek my deel doen om ‘n verskil te maak. Om jou ‘roeping’ te vind en elke dag te doen waarvoor jy werklik lief is, is om in vreugde en opgewondenheid te lewe. Die skoenlapper van my binneste is uiteindelik bevry. Nou weet ek dat ek, as God se kind, en werktuig alles behalwe gewoon is. Die lewens-soek wat na ‘n groot draai uiteindelik tog net in jou eie hart eindig, gee die skoenlapper in jou die vryheid om opreg te wees.
God maak nie foute nie, jy is presies wie jy moet wees.
Karin Engman- Motivational speaker and Life Coach 072 189 6951
No comments:
Post a Comment